MOSSELBAAI NUUS - Jane Godfrey is 'n kleurvolle karakter en vang die oog met haar besonderse huis in Eilandstraat, D'Almeida, wat voorheen al die Mossel Bay Advertiser gehaal het.
Tipies aan haar positiewe en opbeurende geaardheid, vier Jane al Vrouemaand sedert April vanjaar.
Sy het besluit dat sy vriendinne, buurvroue en ander vroue in haar buurt sommer 'n bietjie wou bederf. Sy het hulle vir 'n koppie koffie of tee uitgeneem en soms selfs in die koue wintersdae net 'n warm koppie sop gaan aanbied.
Jane se sonstoep by haar huis, is ook altyd vir vriendinne beskikbaar as hulle vinnig wil inloer en sommer 'n blaaskansie wil neem.
Sy huldig die manier waarop sy grootgemaak is en ook hoe haar ouers geleef het.
"Dis vir my belangrik om hierdie dinge aan my kinders en kleinkinders oor te dra. Die ouer mense het met min geriewe soos lopende water en elektrisiteit klaargekom en dit het hulle eintlik ryk mense gemaak. Hulle was gewoond hout optel en paraffienlampe gebruik.
"Ek wil graag hierdie manier van lewe aan die nageslag oordra, want dit gaan hulle help in die toekoms. Dit glo ek."
Jane Godfrey leer haar kleinseun, Theo dat dinge op 'n ander manier gedoen is in die ou dae.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'