MOSSELBAAI NUUS - Ouma Ria Broodryk is Sondag, 12 Mei, in die ouderdom van 77 oorlede in die Mosselbaai Provinsiale hospitaal.
Sy was die vrou van oorlede Russ Broodryk, wat baie bekend was as 'n goeie visserman en in 1984 oorlede is. Dié twee ou Mosselbaaiers het diep spore in die gemeenskap getrap.
'n Spoggerige oomblik was toe ouma Ria se Salon André in die Guiness Book of World Records was vir die haarkapper wat die meeste ure aanmekaar hare gedoen het.
Sy het tot en met haar dood in haar eie woning gebly. Sy laat haar drie kinders, Anneke, Karlé en André agter asook sewe kleinkinders. Haar begrafnis het Saterdag, 18 Mei, plaasgevind by die NG Suid gemeente.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’