SUID-KAAP NUUS - Die Suid-Kaap se oud-soldate beplan om op Saterdag, 23 Februarie by die Halfaya Pass Shellhole in Hoogstraat, Oudtshoorn saam te kuier.
Verrigtinge duur vanaf 15:00 tot 19:00 en die plan is om lekker te kuier en te gesels.
"Bring braaigoed, eetgerei, 'n paar stukkies hout, verversings en wat ookal gebraai moet word. Daar is 'n kroeg met billike pryse. Wederhelfte is welkom om saam te kom en jy kan waai wanneer jy so voel."
Vir navrae, kontak Jaco Steenberg (073 204 6066) faks na e-pos: 086 585 2284 of stuur e-pos na stoniebeer@gmail.com
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'