Gallery
HARTENBOS NUUS - Spanne wat ingeskryf het vir Hartenbos Versorgingsoord se sportdag, is dalk ouer van vlees, maar beslis nog jonk van sportgees.
Die oord het op Vrydag, 23 Augustus, 11 spanne by die NG Kerk Hartenbos se kerksaal verwelkom vir 'n rondomtalie van ongeveer 10 sportstasies.
Daar was enigiets van doelgooi en balle skop, tot hoepels rol en sandsakkies gooi wat die mikwerk getoets het.
Sien foto's hier: Groot pret by versorgingsoord se sportdag
Daar was drie spanne van Hartenrus Aftreeoord, twee van Heuwelsrust Aftreeoors, drie van Albertinia, en een elk van Reebok en Hartebos Versorgingsoord. Pret was daar vir seker, maar daar is ook streng telling gehou deur die beamptes by al die stasies.
Hartenrus het beide die eerste en tweede posisies ingeneem en Heuwelsrust die derde. Hartenbos Versorgingsoord het 'n troosprys ontvang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’