Update Video
GROOT BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO - Aanvanklike berigte het gelui dat 40 springbokke op ‘n plaas naby Jonkersberg vermoedelik tussen Woensdag en gisteraand doodgeskiet is maar die polisie op Groot-Brakrivier het intussen bevestig dat die springbokke doodgebyt is.
Volgens Elize Rautenbach van die plaas, het sy twee van die springbokke na ‘n veearts op Mosselbaai geneem, waar bevestig is dat wonde aan die springbokke nie skietwonde is nie, maar wel bytwonde.
Rautenbach sê hulle kom nog tot verhaal nadat hulle op die grufonds afgekom het, ‘n verlies van minstens R250 000. Rautenbach sê hulle het onlangs nuwe wildheinings opgerig en sê hulle kan nie verstaan wat die bokke doodgebyt het nie.
“Hier is baie boere in die omliggende omgewing en iemand sou tog ‘n trop wilde honde gesien het. Ons weet nie of dit honde is wat die bokke doodgebyt het nie.” Volgens Rautenbach is daar ‘n gat in die heining waar sy ‘n klossie hare gekry het.
Sy sê die springbokke het die hele kamp vol gelê.
Die video hieronder is etlike dae voor die voorval geneem. (Video verskaf.)
Lees 'n vorige artikel: Boer krap kop oor bokke se skietdood
'Ons bring jou die nuutse Mosselbaai, Tuinroete nuus'