Verskeie voorvalle, waaronder kabeldiefstal in en om Hartenbos, het vermoedelik verlede week plaasgevind. Volgens die SAPD, sou hierdie voorvalle tipies tussen 12:00 en 05:00 plaasgevind het, alhoewel spesifieke besonderhede nog hangende is.
Die waarde van die koperkabels wat gesteel is, word volgens die ondersoek-beampte, Ao William Payne, beraam op ongeveer R100 000.
"Ons doen 'n dringende beroep op die gemeenskap se samewerking en om ons van inligting rakende hierdie voorvalle te voorsien. Uiteindelik is hulle immers die persone wat hieronder ly."
Die SAPD se ondersoekspan maan tweedehandse handelaars en ook die eienaars van skrootwerwe om hulle onmiddellik in kennis te stel indien enige persone hulle sou kontak om vermoedelik gesteelde koperkabels te verhandel.
Volgens die SAPD bestaan die vermoede dat die persone betrokke by hierdie kabeldiefstal, gebruik maak van spesiale toerusting wat vir gespesialiseerde elektriese werk gebruik word.
Hulle versoek dus die gemeenskap om enige gevalle waar sodanige toerusting in iemand se besit bemerk word, onmiddellik by die ondersoekbeampte, Ao William Payne, by 044 606 2200 aan te meld.
"Enige inligting sal vertroulik hanteer en goed beloon word."
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
Die SAPD vermoed dat die vermeende kabeldiewe van gespesialiseerde toerusting, soos hierdie, gebruik maak.
ARTIKEL: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'