Die daad is by die woord gevoeg en op Sondag 12 Oktober het Wildernis se vrywilligers Mosselbaai besoek. Een-en-twintig opgewonde bemanning het aan die oefening deelgeneem.
Verskeie oefeninge is gedoen, waaronder:
- Kuslyntoegange en -uitgange, waar persone vanuit die see land toe moes swem na strande en oor rotse, asook die omgekeerde vanaf die land na bote op die water.
- Op spoed lanserings, waar persone die boot op spoed verlaat in die water in.
- Hoë spronge vanaf Kaai 4 om die gevoel te simuleer om vanuit 'n helikopter te spring.
- 'n Situasie is gesimuleer om 'n beseerde persoon op die strand te behandel en deur branders veilig na 'n 5.5m rubberboot te vervoer en dan weer oor te laai na 'n 10m reddingsboot.
Die borge wat die dag moontlik gemaak het, was Havenga Elektries, FNB, Seven Seas Marine en J&D Konstruksie en hulle word opreg bedank vir hulle volgehoue ondersteuning.
Die bemanning van Wildernis word ook bedank vir hulle opoffering om na Mosselbaai te reis en die oefening te kon meemaak.
Indien u enige nood ter see of aan die kuslyn ondervind, kontak 082 990 5954 vir hulp.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
Klik hier vir 'n fotogalery.
ARTIKEL EN FOTO: TERSIA MARAIS, MOSSEL BAY ADVERTISER-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'