Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Die Grootbrak-Rivier Kindersorg-, Polisie- en Mosselbaai-nooddienste en die leerders van die Vlinderland Kleuterskool, het gister, 5 Junie, 'n optog gehou om kinderbeskerming te beklemtoon.
Junie is tradisioneel jeugmaand en die afgelope week is daar ook op kinderbeskerming gefokus.
'n Spesiale biddiens vir kinders is gister in Greenhaven se AGS-kerk gehou met die tema "Jou Kind is My Kind en My Kind is Jou Kind".
Sersant Lauriane Botha, skakelbeampte van Groot Brak-polisie, het 'n pleidooi gelewer dat ouers moet luister na hul kinders. Hulle moet weet met wie die kinders meng, by wie hulle bly en seker maak die kinders speel en bly in jou erf en gaan nie uit nie.
VIDEO - Vlinderland kleuterskool-kinders sing vrolik tydens die optog as deel van Kinderbeskermingsweek.
VIDEO - Kindersorg, Groot Brak-polisie, Mosselbaai nooddienste en Vlinderland kinders neem deel aan optog.
VIDEO - Sersant Lauriane Botha, Groot Brak-polisiestasie, rig 'n pleidooi aan ouers om na kinders om te sien
Die kleur vir Kinderbeskermingsweek vir 2023 is groen.
Foto's: Alet Engelbrecht
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’