Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Lede van die polisie se eenheid vir openbare eenheid, saam met lede van die Da Gamaskop- asook die KwaNonqaba-polisie moes tussenbeide tree om ‘n skare in Robinstraat, D’Almeida tot orde te bring vroeër vandag.
‘n Video van die voorval is deur ‘n lid van die gemeenskap aan die Mossel Bay Advertiser gestuur.
Volgens inligting, het lede van die gemeenskap ‘n man toegetakel omdat hy na bewering onlangs by ‘n rooftog in die omgewing betrokke was.
Die man is deur ‘n groep mense aangerand wat glo inligting oor die beweerde rooftog wou bekom, waarna die polisie op die toneel opgedaag het.
Donderbuise is afgevuur om die skare uiteen te jaag. Die man is na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir mediese behandeling.
“Geen van die persone op die toneel wou sake aanhangig maak na aanleiding van die voorval nie,” sê kapt Wollie Fourie, woordvoerder van die Da Gamaskop-polisie.
Kyk die video hieronder:
Robinstraat, D’Almeida
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'