Die diere behoort aan eienaars in die gemeenskap wat nie veeartsenydienste vir hulle diere kan bekostig nie.
Vanjaar is die veldtog vir die vierde keer aangebied, sprekend van die goeie spanwerk en gesindheid onder die deelnemers.
"Ons het groter verwagtinge as slegs die jaarlikse sterilisasieveldtog, en het vanjaar ook 'n fondsinsameling gehou. 'n Aparte bankrekening is vir CAWS4PAWS ge-open," sê veearts Anndri van Zyl.
"Sodra genoeg fondse ingesamel is, beplan ons om twee permanente dippunte op te rig, waar enige lid van die Groot-Brak- publiek weekliks hul honde gratis kan dip teen brandsiekte en bosluise.
"Die punte sal so geplaas word, afhangend van munisipale goedkeuring, dat die grootste
moontlike getal honde wat brandsiekte het, bereik kan word.
"Ons bedank graag die vrywilligers wat hulle Saterdag opgeoffer het om te help en liefde vir die honde te gee, asook al die borge, sonder wie die projek nie moontlik sou wees.
Die plekkie waar die honde en katte wakker word na hulle operasie.