Video
MOSSELBAAI NUUS - 'n Plaaslike inwoner van Reebok, dr Hendrik Sloet, het verlede week sy kant gebring tydens die 2022-sensusopname na 'n besoek van Wyk 4 se wyksraadslid, Annatjie Janse van Rensburg en wykskommiteelede, Pieter le Roux en Gert Pretorius.
Saam met Olga Neethling, een van dr Sloet se versorgers wat na hom omsien na 'n beroerte, is hy met deernis bygestaan om die vraelys te beantwoord. Gert Pretorius, wat die vraelys voltooi het sê dit neem so vyf tot ses minute.
Na die aanvanklike persoonlike besonderhede vasgelê is, is die res van die vraelys vinnig vvoltooi en is Sloet nou ook deel van die Sensus 2022.
Dr Hendrik Sloet is 'n welbekende inwoner in Reebok en nog meer bekend vir sy bydraes in die finansiële sektor van Suid-Afrika.
Hy was die uitvoerende bestuurder van Saambou-bouvereniging en ook voorsitter van die direksie.
VIDEO - Op 95 getel vir sensus 2022 (Video: Jannie du Plessis)
Hy was ook president van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHi), president van die genootskap van bouverenigings en dien ook op die raad van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede.
"Daar was 23 bouverenigings en ons missie was om Afrikaans te bevorder by Saambou, wat die enigste Afrikaanse bouvereniging was," vertel hy.
Raadslid Janse van Rensburg het aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat met die naderende spertyd van 31 Mei vir die opnames, is daar nog heelwat inwoners wat nog nie die sensus opname gedoen het nie.
Veldwerkers is steeds in die omgewing besig met opnames en daar is ook die opsie om aanlyn die vorm te voltooi by https://getcounted.statssa.gov.za/#!/home.
Hendrik Sloet in sy jonger dae toe hy uitvoerende bestuurder van Saambou-bouvereniging was.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'