MOSSELBAAI NUUS - Die Kansa Relay for Life is hier en spanne slyp hulle tande om vanjaar beloon te word met die trofee vir die meeste geld ingesamel vir die stryd teen kanker.
Hierdie besonderse staptog waaraan spanne hierdie naweek (26-27 Oktober) deelneem word vanjaar weer by die ATKV-amfiteater in Hartenbos aangebied.
Soos in die verlede, is hierdie geleentheid 'n ideale spanboutyd. Vanjaar is een van die groot trekpleisters op die vermaakspyskaart 'n optrede deur Vernon Barnard, wat nie net bekendheid verwerf het vir sy deelname aan The Voice SA nie, maar ook lank reeds geliefd is as een van Mosselbaai se eie. Sy optrede vind om 21:00 plaas.
Burre Burger, die stukrag agter die Droogtehulpprojek, tree op as die programleier tydens die RFL.
Toeskouers en individuele deelnemers is ook welkom om die geleentheid by te woon.
Vir meer inligting, kontak Margaret Bhana (084 508 2082).
'n Gesonde gees van kompetisie heers altyd onder deelnemende spanne tydens die Kansa Realy for Life, al weet algaar dat hulle dieselfde doelwit het - om soveel moontlik geld in te samel om die styd teen kanker te ondersteun. Hier hou die Hillies, 2018 se wenspan (in groen) die trofee vas, terwyl SeaView en die Compassion Crew van SSK beide hulle oog daarop het. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'