Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - As jy op 95 kans sien vir die Mosselbaai Zipline dan is jou lewenslus nog lank nie geblus.
As jong man, was spoed en motorsport vir Tom Campher ‘n alledaagse adrenalien-inspuiting.
Op sy verjaarsdag was Oom Tom gereed vir die Zipline-uitdaging, maar die wind het vandag, 18 Februarie nie saamgespeel nie.
Gevolglik moes die uitdaging uitgestel word. Dit het egter nie die gees geblus om steeds op behoorlike wyse die 95ste jaar van sy lewe te vier nie.
Omring deur kinders, familie en vriende, met ‘n persoonlike gelukwensing deur munisipale raadslede en die waarnemende burgemeester, raadsheer Dirk Kotzè, is daar gepas jolifikasie gehou.
Kyk 'n video hieronder:
Lees gerus die Mossel Bay Advertiser van 26 Februarie en kyk uit vir die Video van die Zipline ervaring van oom Tom Campher.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'