Update
GOURITSMOND NUUS - Die visserman wie se liggaam gister na ‘n uitgebreide soektog op die rotse naby Gouritsmond gevind is, was ‘n bekende Mosselbaaier en ervare visserman, Rikus Bester (47).
Bester het Saterdag saam met ‘n vriend by Gourits gaan visvang, maar het nooit teruggekeer huistoe nie.
Sy liggaam is na ‘n uitgebreide soektog deur die NSRI naby die visserboot se wrak gevind.
Die ander visserman word steeds vermis.
Bester se vrou, Michelle is stukkend na die nuus oor haar man en het aan die Mossel Bay Advertiser gesê hulle weet nog nie wat presies gebeur het nie.
“Rikus-hulle was veronderstel om net vir twee ure te gaan visvang. Hy moes ons dogter Saterdagaand na ‘n netbalwedstryd optel, maar het nie opgedaag nie en niemand kon hulle in die hande kry nie.”
Michelle het in ‘n hartroerende boodskap op haar Facebook-bladsy geskryf Rikus het gedoen waarvoor hy die liefste was, en dit was om vis te vang.
“Ek is stukkend, ek weet nie wat nou of hoe nou nie want hy was my steunpilaar, my beste vriend, my alles.”
Rikus en Michelle het ‘n jong seuntjie en ‘n tiener-dogter saam.
Die soektog na die ander visserman duur voort.
Previous article:
Mossel Bay man dead, another man missing in Gouritsmond boat tragedy
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’