GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier het die afgelope naweek op Wolwedans toegeslaan en verskeie arrestasies in verband met die onwettige handel in drank is gemaak.
Polisiewoordvoerder, kst Laurianne Botha sê die polisie het saam met die buurtwag gewerk en Zone 14 besoek.
"Verskeie bottels drank is gekonfiskeer en ons het arrestasies gemaak."
Hierdie bottels drank is deur die polisie en die buurtwag gekonfiskeer.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'