MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai munisipaliteit se bestuurder: strategiese dienste, Colin Puren, die direkteur: korporatiewe dienste, Edward Jantjies, wys hier ‘n munisipale oorpak se baadjie wat onlangs by ‘n buitelandse burger, wat hoegenaamd nie in diens van die munisipaliteit is nie, gekonfiskeer is.
Mosselbaai munisipaliteit doen ‘n beroep op die groter Mosselbaai gemeenskap om enige voorvalle waar die moontlike misbruik van munisipale eiendom vermoed word, soos onder meer die onregmatige besit en dra van die munisipale kleredrag - en veral na-ure, onmiddellik by 044 606-5000 aan te meld .
"Die munisipaliteit sal die gemeenskap se samewerking in hierdie verband waardeer," sê mnr Puren.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'