Danksy OnTap Mosselbaai, het ons dus nou genoeg liniale om aan al die skole op ons lysie se behoeftes te voldoen. Baie dankie, OnTap!
Ons benodig egter steeds heelwat ander skryfbehoeftes, veral Flipfiles,A4 wit papier en uitdraaikryte. Kom ons help almal saam om 'n paar behoeftige graad eens in Mosselbaai toe te rus vir hul skoolloopbaan.
Skenkings kan by die kantore van die Mossel Bay Advertiser afgegee word. Ons sal die name van alle donateurs in die koerant plaas, tensy die skenker verkies om anoniem te bly.
Vir navrae, skakel Mari Scott by 044 690 7156.
2015 se graad 1's benodig:
o Tas
o Potloodsakkie / -blikkie
o Inkleurpotlode (12 kleure)
o Uitdraaikryte (12 kleure)
o MonAmi uitdraaikryte
o Vetkryt
o Grys potlode (2H / HB)
o 12 Bic Evolution HB potlode (woodfree) Groen
o Bic Evolution Driehoekige kleurkryte
o Flipfile (30 of 20 sakkies)
o A4 leêrsakkies
o A4 afrolpapier (500 velle)
o A4 gekleurde papier (‘bright colour’)
o Skerpmaker
o Wit uitveër
o Skêrtjie
o Groot gomstafies (Pritt / Bostik / Staedtler / Amos)
o Botteltjie houtlym
o Inkleurboek (± 80 bl.)
o Speeldeeg
o Stoelsak
o Plastiek
o Verf
o Verf (klaar aangemaakte verf 4 primêre kleure)
o Sneesdoekies
o Toiletpapier.
Klik hier vir 'n vorige artikel.
.jpg)
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'