Gallery
MOSSELBAAI NUUS - As jy vir 'n tyd lank huisgebonde is, vergeet mens dat ons een van die mooiste, skoonste dorpe en omgewing het.
Mosselbaai en omgewing het van die mooiste sonsondergange, natuurskoon, mense, dierelewe en natuurlik die oseaan wat deel uitmaak van hierdie gesogte kusdorp.
Sommige inwoners kom min of nooit op die strande en daarom word die natuurskoon soms as vanselfsprekend aanvaar. Maar, as jy vir meer as 'n maand in 'n grendeltydperk is, besef jy dat jy dit regtig begin mis.
Fotogalery: Ons pragtige omgewing
Vir bejaarde inwoners, siekes en gestremdes, is dit nog moeiliker om die prag omgewing te ervaar. Sosiale media bring egter die omgewing na binne, in elkeen se huis in danksy tegnologie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'