Update
MOSSELBAAI NUUS - Daar was emosionele oomblikke op Vrydag 26 Junie toe Ceasar, ’n geliefde hond van die Michaels-gesin in Mosselbaai, ná ’n traumatiese ervaring weer met sy familie herenig is.
Dit volg nadat ’n 22-jarige verdagte verlede week in die Mosselbaai-landdroshof op waarskuwing vrygelaat is op ’n aanklag van bestialiteit.
Die verdagte is na bewering op heterdaad betrap toe hy Ceasar in ’n woning in Uitbreiding 8 verkrag het.
Ceasar het bykans ’n week by die Garden Route DBV se Mosselbaai-tak deurgebring waar hy ’n volledige veeartsenykundige ondersoek ondergaan het, forensiese monsters is ingesamel en hy tyd gekry het om van die trauma te herstel.
Ceasar se eienaar, Juliana Micheals, het aan die Mossel Bay Advertiser vertel dat sy hom as ’n drie maande oue hondjie as geskenk van ’n buurman ontvang het.
Sy sê Ceasar het aanvanklik binne die huis geslaap, maar soos hy groter geword het, het hy by die agterdeur buite geslaap.
Volgens Micheals het sy op die aand van die voorval saam met haar 14-jarige dogter en twee ander persone gesit en gesels voordat hulle gaan slaap het.
Later die aand was daar ’n klop aan die deur en sy is meegedeel dat sy na ’n nabygeleë woning moet gaan omdat Ceasar glo daar gevind is.
Volgens ’n bron het die inwoner van die woning onraad vermoed toe hy die 22-jarige verdagte saam met die hond die buitekamer waarin hy gewoon het, sien ingaan het.
Hy het ondersoek ingestel en die verdagte glo op heterdaad betrap.
Micheals het daarna na die Da Gamaskop-polisiestasie gegaan om ’n klag te lê.
Die Michaels-gesin was sigbaar emosioneel toe veldbeampte, Luciano Bayi en Ilse Pieters, bestuurder van die Mosselbaai DBV, Ceasar Vrydag aan hulle terugbesorg het.
Die DBV het ook ’n beroep op die gemeenskap gedoen vir hulp om die gesin se omheining te herstel en hoër te maak om Ceasar se veiligheid te verbeter.
Enigiemand wat kan help, kan Pieters by die Mosselbaai DBV se kantore kontak by 044 693 0842.
Video: Dexter Brinkhuis
Vorige artikels:
- Mossel Bay bestiality case: Man released on warning
- Mossel Bay man remains in custody after alleged bestiality incident involving dog
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’