Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Daar was ‘n uiters gemoedelike atmosfeer vandag, 1 Julie by Hoërskool Sao Bras, waar opvoeders teen die Covid-19-virus ingeënt is.
Mediese personeel was flink en het hulle verwonder aan die vrolike groep skoolhoofde wat deur hul voorbeeld gelei het en eerste vir die intenting gereed gesit het.
Volgens die WKOD-kringbestuurder, Rozelle Neethling-Smith, is die oogmerk om vandag 200 personeellede in te ent.
Fotogalery: Onderwysers ingeënt
Skoolhoof van Diaz Primêre Skool, Genevieve Muller het gesê dat sy haar ouers en ouma se voorbeeld gevolg het om die inenting te kry. “Die gevoel wat ek vandag het is soos in 1994 toe baie Suid-Afrikaners vir die eerste keer kon stem. Baie mense het luidkeels verkondig ‘I did the vote’. Ek voel vandag ook so trots – ek is ingeënt.”
Genevieve Muller, Diaz Primêr.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'