MOSSELBAAI NUUS - 'n Voormalige onderwyser van Hoërskool Sao Bras het op 28 Oktober 'n skulderkenningsboete by die Mosselbaai-landdroshof betaal, na aanleiding van 'n klag van aanranding teen hom.
Die onderwyser het glo op 31 Oktober 2018 'n 15-jarige seun in die voorportaal van die skool voor die bors gegryp, teen die muur vasgedruk en gewurg.
'n Saak van aanranding is aanhangig gemaak by die Da Gamaskop-polisie.
Die saak is na wat verneem word, ook deur die Wes-Kaapse departement van onderwys ondersoek. Bronagh Hammond van die departement het by navraag bevestig dat die onderwyser van wangedrag aangekla, departementeel verhoor en skuldig bevind is. Hy het 'n finale waarskuwing en 'n boete ontvang in Julie 2018.
Die onderwyser het intussen in Desember 2018 bedank.
Die aanrandingsaak is deur adjudant-offisier Arleen Stokes van die Da Gamaskop-polisie se speurafdeling ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'