MOSSELBAAI NUUS - 'n Ongeluk op die N2 waar sewe mense beseer is en drie voertuie betrokke was, word deur die KwaNonqaba-polisie ondersoek.
Twee van die beseerdes is in 'n hospitaal in Mosselbaai opgeneem.
Die voorval het op Dinsdag, 6 Junie, om ongeveer 15:00 oorkant Industria in die rigting van Kaapstad plaasgevind.
Een baan van die N2 in die rigting van Kaapstad was tydelik vir verkeer gesluit.
Die oorsaak van die ongeluk was met die ter perse gaan nog nie bekend nie. KwaNonqaba-polisie ondersoek 'n saak van roekelose en/of nalatige bestuur.
Vorige artikel: 7 in botsing op N2 beseer
Een van die voertuie wat in die botsing betrokke was. Foto: Jannie du Plessis
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’