Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - Sewe mense is vanmiddag in ‘n botsing op die N2 agter Industria naby KwaNonqaba beseer.
Drie voertuie was by die voorval, wat om ongeveer 16:00 plaasgevind het, betrokke.
Een baan van die N2 in die rigting van Kaapstad is tydelik vir verkeer gesluit.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die baan sal na verwagting vir minstens 'n uur gesluit wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’