MOSSELBAAI NUUS - Een persoon is beseer en per ambulans na 'n plaaslike hospitaal geneem in 'n ongeluk wat vroeër vanaand op Louis Fourieweg by die Supaquick-verkeerskruising plaasgevind het.
Twee motors was in die ongeluk betrokke - 'n Wit Mazda en 'n rooi Volkswagen Golf.
Volgens inligting, het die Mazda van agter met die Golf gebots.
Die pad is baie gou weer oopgestel nadat wetstoepassers en die brandbestryders van Mosselbaai se brand en rampbestuursafdeling die ongelukstoneel opgeruim het.
Die Volkswagen Golf
Die Mazda.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'