Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Jong vrou is lig beseer en 'n vragmotorbestuurder het kopbeserings opgedoen in 'n ongeluk op die R328 tussen Brandwag en Sonskynvallei.
Die ongeluk het Vrydag, 3 Junie net na 12:30 ongeveer 500m vanaf die Geelbeksvleipad op 'n draai plaasgevind.
Marieka Bosch het aan die Mossel Bay Advertiser gesê sy was in die rigting van Hartenbos op pad en die vragmotor in die rigting van Brandwag toe sy skielik niks meer onthou.
FOTOGALERY: 'n Ongeluk op die R328
Haar Hyundai-voertuig het die vragmotor getref waarna dit skuins in 'n sloot langs die pad tot stilstand gekom het.
Die regter voorwiel en as van haar motor het in die pad gelê. Sy het in die proses uit die motor geval maar net 'n paar skrapies opgedoen en haar been lig beseer.
VIDEO - Ongeluk op die R328 (Video: Jannie du Plessis).
Die vragmotor het egter omgeslaan en sy vragsand op die pad verloor en op sy sykant langs die pad tot stilstand gekom.
Met die Advertiser se aankoms op die toneel het 'n geskokte vragmotorbestuurder met 'n bebloede gesig met kopbeserings agter die vragmotor gestaan en wag vir die ambulans. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Die vragmotor het op sy sykant te lande gekom terwyl die Hyundai-voertuig (inlas) in 'n sloot langs die pad gelê het. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'