MOSSELBAAI NUUS - Inwoners en besigheidseienaars in die groter Mosselbaai se aandag word daarop gevestig dat talle inbrake by besighede asook inbrake by voertuie die afgelope naweek hier voorgekom het.
Die Mosselbaai-polisie sê dat dié ongekende vlaag misdaad oor ‘n naweek ongewoon is en dat ‘n paar arrestasies in verband met die voorvalle reeds oor die naweek gemaak is.
Die Mosselbaai-polisie waarsku voertuigeienaars om nie waardevolle items in hul voertuie te laat nie. Besighede moet ook seker maak dat alarmstelsels aktief is asook CCTV-toerusting in plek is indien moontlik.
*LEES MEER HIEROOR IN VRYDAG, 29 JULIE SE MOSSEL BAY ADVERTISER
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'