MOSSELBAAI NUUS - Die Langdienstoekennings het op Vrydag, 25 Oktober, by die Oubaai Hotel naby George plaasgevind.
Die geleentheid het personeellede van die Wes-Kaap onderwysdepartement (WKOD) gevier wat 20-, 30- en 40-jaar diens toegewyd verrig het.
Almal het verblind in hul beste aanddrag. Personeellede van regoor die Wes-Kaap is gevier, insluitend 'n paar van die Edendistrik.
Opvoeders van Mosselbaai-skole, waaronder Diaz Primêr, Erika Primêr, Ridgeview Primêr, Isalathiso Primêr, Park Primêr en Hoërskool Sao Bras, het erkenning ontvang vir 40-jaar diens in die onderwys.
Graad 1-opvoeder, Angela Prinsloo van Diaz Primêr, was een van daardie onderwysers. Prinsloo het 40-jaar gelede by Diaz begin skoolgee en is sedertdien lojaal aan die skool en noem dat Diaz haar “eerste en enigste skool” is waar sy skoolgehou het.
Brent Walters, Angela Prinsloo en David Maynier. Foto: Gabriélla Siebritz
Op die vraag van wat 'n hoogtepunt van haar 40-jarige onderwysloopbaan was, het Prinsloo geantwoord die groei van 'n kind oor 'n jaar periode.
“In graad 1 leer kinders lees en skryf - teen die einde van die jaar het hulle dit bemeester wat hulle voorheen nie geweet het nie,” verduidelik sy.
Dolene Seconds is 'n opvoeder van Ridgeview Primêre Skool, ook op Mosselbaai. Sy is reeds 42-jaar in die onderwys. "Dit is die grootste prestasie om erkenning te kry," het sy gesê.
Die Wes-Kaapse minister van onderwys, David Maynier, en onderwyshoof in die Wes-Kaap, Brent Walters, was ook teenwoordig en het albei 'n danktoespraak aan gaste gelewer.
“Almal hier het nie net die keuse gemaak om (die departement) te dien nie, maar om vir dekades aan te hou dien,” het Maynier gesê. Walters het herhaal dat opvoeders "ons jeug beeldhou" en dat "leerders op die skouers van hul onderwysers staan."
Gaste het deurgaans 'n driegang maaltyd geniet, verskaf deur die Oubaai Hotel. Musikale weergawes van 'n lewendige orkes het 'n opwindende energie verskaf tussen die toekennings.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’