Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n 42-jarige onderwyser sal na verwagting vanoggend weer in die Mosselbaai-streekhof verskyn op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding.
Die verdagte is op streng borgvoorwaardes vrygelaat en is onder huisarres.
Hy word daarvan aangekla dat hy graad 7-leerders wat in sy registerklas was, onder meer seksueel aangerand en verkrag het.
Die beweerde dade het tussen 2019 en 2020 plaasgevind. Hy staan tereg op 19 aanklagte en daar is tans drie slagoffers.
Hy is op die 20ste September by die skool in hegtenis geneem.
Daar sal na verwagting vandag 'n uitsteldatum vir verdere ondersoek bepaal word.
Die verdagte het nog nie op die aanklagte teen hom gepleit nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’