GROOT-BRAKRIVIER NUUS - ‘n Agt-en-vyftigjarige voormalige onderwyser van die Groot-Brakrivier Sekondêre Skool is vanoggend, op Vrydag, 12 Augustus tot vyf jaar direkte gevangenisstraf gevonnis op ‘n aanklag van seksuele aanranding.
Die beskuldigde het in die Mosselbaai-streekhof verskyn.
Die aanklag spruit uit ‘n voorval in 2018 waartydens die beskuldigde ‘n 12-jarige meisie wat in dieselfde woonstelgebou as hy op Mosselbaai gewoon het, seksueel aangerand het.
Die onderwyser het tot onlangs nog by die skool leerders onderrig.
Die saak is suksesvol ondersoek deur die ondersoekbeampte, ao Alistair Rezant wat verbonde is aan die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe.
Staatsaanklaer Helga Goosen saam met die ondersoekbeampte ao Alistair Rezant voor die streekhof waar die beskuldigde gevonnis is.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'