MOSSELBAAI NUUS - Op Saterdag, 28 Mei is 'n ondersteunings-groep vir dwelmverslaafdes by die sport-sentrum in Sampsonstraat op Mosselbaai gehou.
Mosselbaaier Sylvia Mohammed het die inisiatief geneem omdat sy bekommerd is oor Mosselbaai se jeug wat sy sê aan dwelms en veral tik verslaaf is.
"Dwelms lei tot misdaad. Ek het gesien dat daar 'n ondersteuningsgroep in George onder leiding van pastoor Aldon Meyer is en het Meyer genooi om die geleentheid Saterdag te open," sê Mohammed.
Die Mosselbaai-munisipaliteit en die polisie op Mosselbaai het die geleentheid ondersteun.
Die volgende byeenkoms vind in Junie plaas. Vir meer inligting kontak Sylvia by 071 153 5266.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'