TUINROETE | KAROO | HESSEQUA NUUS - Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) moes noodgedwonge verskeie fondsinsamelingsprojekte aanpas met die inperking.
Een van die groot geleenthede wat in die slag gbly het is die Cuppa For CANSA, maar dit het gelei tot ‘n splinternuwe en innoverende kompetisie.
‘Vier die lewe – Jou storie is meer as goud werd’ het op 1 Julie begin en sluit op op 31 Oktober. Deelnemers skryf aanlyn in en kan wonderlike pryse wen.
Maria Scholtz, KANSA se Hoof van Volhoubaarheid verduidelik: "Cuppa for CANSA is ’n geleentheid om met diegene vir wie jy omgee te kommunikeer. Terselfdertyd drink jy jou gunsteling drankie terwyl jy vir ’n goeie doel geld insamel. Hou intieme Cuppa-byeenkomste volgens die inperkingsregulasies, saam met jou familiegroepe, vriende of werkskollegas en vertel ons daarvan deur vir die kompetisie in te skryf.”
Fondse wat deur Cuppa for CANSA ingesamel word help KANSA om voortdurend broodnodige sorg en ondersteuningsdienste aan diegene wat deur kanker geaffekteer word te lewer.
KANSA se Sorgsentrums bied sorg en ondersteuning aan plaaslike gemeenskappe, sowel as opvoedkundige veldtogte aan die publiek oor sake rakende kanker en hoe om die risiko vir kanker te verminder.
Volg hierdie maklike stappe en staan die kans om ongelooflike pryse te wen:
Besoek Quicket om te betaal, deelnemers ontvang dan die Cuppa inskrywingsvorm aanlyn (https://www.quicket.co.za/events/107180-cuppa-for-cansa-celebrate-life-2020-competition/#/). Hou dan die Cuppa-byeenkoms en stuur foto’s in.
Daar is vyf kategorieë (R100 per kategorie-inskrywing) en deelnemers kan vir meer as een kategorie inskryf.
Die beoordelaars van die kompetisie is Leefstyl-sjef – Izelle Hoffman, die bekende Nataniël; nuusanker en aanbieder Rozanne McKenzie, asook die bekende Glam Guru, Hannon en geleentheidsbeplanner Aleit Swanepoel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'