Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Visserman is gisteraand in ‘n ernstige toestand in vlak branders naby rotse by Beacon Wharf naby die Mosselbaai hawe gevind nadat inwoners die NSRI gekontak het toe hulle sy hulpkrete hoor.
NSRI se diensbestuurder op Mosselbaai, Johan Ehlers, sê ‘n reddingspan is na die gebied gestuur en die polisie se seegrenseenheid is op gereedheid geplaas.
“Nooddienspersoneel het met hulle aankoms op die toneel na 'n man omgesien wat in vlak branders naby rotse gevind is.”
‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die man vermoedelik op rotse gegly het terwyl hy vis gevang het, waarna hy in ‘n kanaal tussen rotse meegesleur is.
Die man is met ernstige beserings en hipotermie met ‘n ambulans na ‘n hospitaal op Mosselbaai vervoer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’