MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Advertiser se Oliver Twist-gemeenskapsprojek maak vir jare reeds 'n tasbare verskil in verskeie mense in die Mosselbaai gemeenskap se lewens.
Die projek het tot stand gekom danksy ruim skenkings aan geoormerkte instansies, persone of projekte wat toegelis is nadat die omstandighede deeglik deur die nuusspan van die koerant ondersoek is.
Die projek gaan steeds van krag tot krag, en die lesers word van harte bedank vir hul ruimhartige skenkings.
Onlangs het die Advertiser weer die Oliver Twist-projek kon inspan om enersyds 'n klein mate van verligting te bring vir die brandbestryders wat vir dae aaneen onverpoos en in versengende hitte die vernietigende brande in die Haelkraal-area moes beveg.
Die klein bydrae van verversings kon andere op sosiale media aanspoor tot soortgelyke skenkings, en oudergewoonte het die gemeenskap ruimhartig bygedra.
Onlangs het 'n annonieme skenker van Danabaai ook allerlei skryfbehoeftes aan die projek geskenk wat in ruil gepas na plaaslike behoeftige laerskole versprei is.
Weeskinders
Vanjaar het die se koerant Oliver Twist-projek drie weeskinders onder die vlerk geneem.
Laat verlede jaar is met die tussentrede van die uitvoerende burgemeester daarin geslaag om die watertoevoer en elektrisiteitsverskaffing na hul huis te herstel, en Marius van Wyk van Stefmar Construction and Plumbing het onbaatsugtig die rioolprobleme nie net vir die spesifieke huis nie, maar vir al die huise in die omgewing reggemaak.
Die betrokke kinders, twee seuns en 'n dogter, is wees gelaat nadat hul ma verlede jaar oorlede is.
Hulle woon in KwaNonqaba in die huis waar hulle saam met hul ma gebly het, en is afhanklik van gemeenskapshulp vir oorlewing aangesien hulle geen staatshulp ontvang nie.
Die Advertiser is besig om met owerhede te onderhandel oor die regeringstoelaes wat die kinders toekom, maar intussen moes hulle gepas geklee word vir hul eerste skooldag van 2018.
Twee van die jong leerdertjies wat deur die Oliver Twist-projek ondersteun word, word ondersteun om die nodige skoolklere vir die 2018-skooljaar te koop.
Behoeftes
Die Oliver Twist-projek, in samewerking met 'n anonieme borg, het kort voor die skole heropen het, die drie kinders toegerus met skoolklere en skryfbehoeftes.
Tog bestaan daar steeds groot behoefte om vir die kinders 'n kwaliteit lewe te bied.
Tog is daar steeds 'n behoefte aan skoolbenodigdhede soos skryfboeke en sportklere vir skole.
Die grootste behoefte tans is, benewens nie-bederfbare kos, vir linne en kombuistoebehore.
Die kinders gebruik 'n enkelbed en dubbelbed, en enige goeie kwaliteit tweedehandse bedlinne sal op prys gestel word.
Net so sal enige bydraes vir nie-bederfbare kos en kombuisgoed soos breekware en kookware, hoog op prys gestel word.
Hierbenewens word die gemeenskap gevra vir enige 500 gram of 1 kilogram margarienbakkies of ander plastiekhouers soos roomysbakkies waarin kos by sopkombuise aan behoeftige persone versprei kan word.
Enige navrae kan aan die projekkoördineerder, Susan Graaff (044 690 7156) gerig word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'