Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - ‘n Skaars besoeker aan ons kus het gistermidddag haar verskyning op Reebokstrand gemaak toe Leslie, ‘n 2-jarige Suidelike Olifantrob, op die strand kom rus het.
Leslie is in Januarie vanjaar in Jeffreysbaai op 'n strand gewaar en omdat dit vakansieseisoen was, is sy gevang en na ‘n stiller strand verskuif.
Sy is gemonitor deur ‘n lid van die NSRI, Elaine Schmidt wat haar na haar suster, Leslie, vernoem het.
Sy maak elke nou en dan haar verskyning op ‘n strand aan die Suid- en Oos-Kaap maar vertoef nooit langer as een dag nie.
Sy word tans gemonitor deur S.M.A.R.T (Stranded Marine Animal Rescue Team).
Kyk 'n video hieronder.
‘n Skaars besoeker aan ons kus het gistermidddag haar verskyning op Reebokstrand gemaak.
Leslie die Olifantrob.
Leslie is in Januarie vanjaar in Jeffreysbaai op 'n strand gewaar en omdat dit vakansieseisoen was, is sy gevang en na ‘n stiller strand verskuif.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'