Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Leslie, die Olifantrob wat sedert verlede week haar verskyning op verskeie strande in Mosselbaai gemaak het, het vroegoggend besluit dat Santosstrand haar keuse vir die dag is!
Sy word reeds sedert Dinsdag dag en nag opgepas deur die vrywilligers van die Stranded Marine Animal Rescue Team (S.M.A.R.T) waar sy haar tuisgemaak het op 'n klein strandjie voor die De Bakke-oord.
Sy is gisteraand om ongeveer 23:00 die see in en alhoewel die vrywilligers die gedeelte van die kus gefynkam het, kon hulle haar nie opspoor nie. Anette Strydom het die noodnommer om 06:54 vanoggend geskakel nadat sy die rob tydens haar vroegoggend wandeling op Santos strand gevind het.
Leslie is besig om te verhaar, 'n jaarlikse proses wat sowat drie tot vier weke duur. Gedurende die tyd bly hulle hoofsaaklik op die land.
Die publiek is welkom om die pragtige dier te besigtig terwyl vrywilligers van S.M.A.R.T byderhand is met inligting.
Kyk 'n video hieronder.
Dean Espach, 'n vrywlliger van S.M.A.R.T verduidelik aan strandgangers hoekom Leslie op die oomblik op die strand lê.
Die "verhaar" proses kan duidelik op haar neus en bokant die oë gesien word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'