MOSSELBAAI NUUS - 'n Inwoner van Mosselbaai het onlangs foto's van die olieputte by die Transnet-fasiliteit op Voorbaai, wat oorloop, op sosiale media gedeel.
Mosselbaai-munisipaliteit se woordvoerder, Nickey le Roux sê die olieputte en die grond waarop dit voorkom, is nie munisipale eiendom nie.
Le Roux sê die munisipaliteit het wel die voorval ondersoek. "Ons kan bevestig dat daar geen aanduiding bestaan dat olie in óf die rivier, óf die see beland het nie."
Sy sê die munisipaliteit het wel en op die hoogste vlak die situasie met die betrokke owerhede opgeneem met die oog daarop om 'n herhaling van die situasie te voorkom.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'