Video
GROOT-BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO - ‘n Splinternuwe voetgangerbrug wat die park-area met die Munisipale kantore in Groot-Brakrivier verbind, is vanoggend geïnstalleer.
Dit volg nadat die vorige bruggie jare gelede tydens ‘n vloed weggesleur is.
Die Mosselbaai Munisipaliteit het 'n tender geplaas op die vervanging van die brug en daar is van vandag af 'n splinternuwe landmerk in die dorpie.
Kyk 'n video hieronder.
'n Hyskraan was nodig om die brug op te lig.
Die brug is in George gebou en gelukkig het al die gate, boute
en penne perfek gepas toe die brug in posisie geplaas is.
Nou moet die hout planke van die loopvlak nog geplaas word.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'