MOSSELBAAI NUU S- Die Suid-Kaap Fynproewers-gilde en hulle gaste se volgende byeenkoms vind op Donderdag, 1 Maart om 08:30 vir 09:00 in die kerksaal van NG Mosselbaai-Suid plaas waar hulle meer gaan leer oor die nuwe tendense, by die aanbieding van vingerhappies.
Die sjef by hierdie geleentheid is Janita Russouw van Outeniquastrand wat al 20 jaar in die bedryf is en keurige klein, intieme privaatfunksies vir onder meer verjaardae, boekklubs, bybelstudiegroepe tot damestees en troues hanteer.
Janita sê: "Kos is my passie en elke funksie is 'n Koningsfees en tot eer van God."
Sy gaan demonstreer hoe om die volgende maklike vingerhappies voor te berei en op 'n aanskoulike wyse op te dien: murgpampoentjie-en-ertjieroomsop, hoenderslaai in sjampanjeglasies, hoenderpastei met klein sampioene, pannekoek met Thaise-varkrepies en sesamesaad en lemon curd-glasies.
Hiermee saam gaan bypassende wyne aangebied en geproe word sodat die vroue 'n afgeronde ondervinding sal kan geniet.
Gaste is welkom.
Vir meer inligting, kontak Elaine Louw (083 263 5417) om u plek te bespreek.
'n Kaartjies se koste beloop R170 en alle belangstellendes word genooi om by die gilde aan te sluit.
Hulle slagspreuk is: "Niemand hier is kenners nie. Ons leer almal gesellig saam".
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'