MOSSELBAAI NUUS - Agt-en-twintig leerders in Diaz Primêre Skool alleen, baat saam met ander vanjaar by 'n skoenprojek wat 'n weldoener van Mosselbaai vanjaar vir die sesde keer van stapel gestuur is.
Curt Baker, 'n boorling van Mosselbaai en tans die handelsmerkbestuurder van Kuier-tydskrif, doen jaarliks die projek as deel van sy verjaardagviering in Januarie. Hy het begin op sy 29ste verjaarsdag.
"In die eerste twee jaar, het ek volle skooluniform geskenk maar vanweë die feit dat ek nie meer in Mosselbaai is nie, het ek afgeskaal. My doel met die projek is ook 'teach one to reach one'.
Daarmee bedoel ek dat ek deur my projekte ander mense wil aan die gang kry met hulle eie projekte. Al begin hulle klein."
Curt sê hy maak gebruik van sy familie en vriendekring om iets goeds vir ander mense te doen.
Curt ontvang donasies uit die gemeenskap vir sy projekte. Só het hy al skoene, nie-bederfbare voedsel asook sanitêre doekies ingesamel.Vanjaar sê Curt, het hy meer as 100 paar skoene ingesamel.
Mnr G Briesies, skoolhoof van Diaz Primêr by van die skoene wat nog moet base kry.
Saam met Diaz Primêr, was Garden Route Primêre Skool ook 'n begunstigde en omdat Curt in Kaapstad van die nood daar bewus geword het, het hy leerders van twee skole daar ook gehelp.
ARTIKEL & FOTO'S: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'