MOSSELBAAI NUUS - Tydens die maandelikse raadsvergadering op Donderdag, 26 Oktober het die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal die jong junior raadslede verwelkom en sterkte toegewens met die projekte wat hulle tydens hul termyn sal aanpak.
Die raadslede is verteenwoordigend van die onderskeie skole in die omgewing.
Hoërskool Punt spog met Amy Corkill as junior burgemeester, Beatrix Willson as die junior onderburgemeester, en Uthandile Mandleleni as junior speaker.
Hoërskool Sao Bras se Davene Anderson is die junior munisipale bestuurder.
Die ander raadslede is: Curro Mosselbaai - Lara van Rooyen, Nicola Roux, Wiehahn Kamfer en Casey Groenewald.
Die junior raadslede van die Groot-Brakrivier Sekondêre Skool is Adian Wesso, Renique Lottering, Raywill Wilson en Athen Gelderbloem.
Hillcrest Sekondêre Skool se Tarryn King is die uitvoerende lid vir jeugsake. Hierbenewens is Zukhanye Mkhalakahlu, Keenan de Jager en Yanga Butani ook raadslede. Indwe Sekondêre Skool word verteenwoordig op die junior raad deur Athenkosi Ntyinkala, Andisiwe Niemand, Oyamangethemba Sonandi en Anako Thwala.
Hoërskool Punt se Timon Berrington is die uitvoerende junior lid vir sport en ontspanning, terwyl Sao Bras se Chelsea Seconds die uitvoerende lid vir gemeenskapsake is. Sao Bras spog ook met Chamondré Jeffries en Courtney Tarentaal as junior raadslede.
Die junior raad.
ARTIKEL & FOTO: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'