MOSSELBAAI NUUS - 'n Nuwe vrouegroep het in Mei hul beslag gekry toe Breathe vir die eerste keer byeengekom het. Met die wegtrekslag het vroue die byeenkoms goed ondersteun.
Sowat 120 vroue het die geleentheid waartydens sakevrou, Ivy Sutton opgetree het, bygewoon.
Sutton het gesels oor Resilience by design, 'n gepaste tema na die twee jaar van Covid-19-regulasies asook die huidige samelewingsdruk. en hoe gepas is dit nie na twee jaar van Covid en ook sommer die tyd waarin ons leef.
"We need each other and maybe you’ve got a dream in your heart. Can you get out your cheerleading pom-poms and cheer someone on. Can you imagine if you feel comfortable in your own skin what can happen in our lives if we are each other’s cheerleaders," het Sutton in haar boodskap gesê.
"Sutton het die behoefte onder Mosselbaaise vroue goed opgesom, want daar is soveel vroue wat so graag ook van hulleself wil gee, maar nie altyd weet waar om dit te doen nie. Ons hoor die wonderlikste stories van vroue wat ‘n pad gestap het en nou wil teruggee. Ons is opgewonde oor die battle ships wat ons gaan begin uitstuur om mekaar, asook die gemeenskap te help," berig een van die organiseerders, Erika Beetge.
Die groep se volgende byeenkoms is op Dinsdagaand, 5 Julie om 18:00 in die Dias Museum. Voortaan sal die groep maandeliks byeenkom, op die eerste Dinsdag van die maand.
"Kom bar-hop saam met ons op 5 Julie en hoor ietsie van 'n besonderse vrou. Bring vir jou ‘n flessie koffie, tee of warm sjokolade saam en 'n koffiebeker. Toegang is R20 of koop jou eie Breathe-koffiebeker vir R100, nooi Beetge.
Besoek Breath se Facebookblad of skakel Erika Beetge (060 813 3049) vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'