MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se Nasionale Seeredding (NSRI), Stasie 15, bied op 1 Januarie hul 18de NSRI Nuwejaarswedloop weer op Diasstrand aan.
Dit is die ideale geleentheid om te reflekteer oor die jaar wat verby is en die nuwe een wat voorlê.
Beide die 5km- en 10km-wedlope spring om 08:00 weg vanaf Diasstrand al langs die strand in die rigting van Hartenbos en terug.
Inskrywings kan vanaf 07:00 by die Hartenbos Drawwers se klubhuis gedoen word geleë in die parkeerarea by Diasstrand.
Daar word slegs gelukstrekkings gedoen net na die afsnytyd om 10:00. Verskeie goeie pryse op die spel.
Vir enige verdere navrae skakel gerus vir André Fraser (082 990 5954).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'