MOSSELBAAI NUUS - Die Nasionale Seereddingsinstituut hou jaarliks op 1 Oktober 'n opedag, om lede van die publiek bewus te maak van die lewensnoodsaaklike werk wat hulle doen.
Die Nasionale Seereddingsinstituut -Mosselbaai (Stasie 15) het Saterdag, 1 Oktober, 'n suksesvolle opedag gehad met sowat 150 lede van die publiek wat ervaar het wat dit behels om 'n NSRI-vrywilliger te wees.
FOTOGALERY: Insiggewende opedag by Nasionale Seereddingsinstituut
Vrywillige NSRI-lede en stuurmanne het die publiek uitgeneem op Nasionale Seereddingsinstituut-bote en noodprosedures en reddingsoperasies is by die stasie, gedemonstreer.
Vrywilligers afhanklik van donasies
Volgens Kelly Fourie van die Nasionale Seereddingsinstituut, is die doel van opedae om die publiek bewus te maak van die belangrike werk wat die NSRI-vrywilligers doen om lewens op see in Suid-Afrikaanse waters te red."
Die NSRI het net vrywillige lede en is 24 uur 'n dag, 365 dae van die jaar aan diens. Hulle is afhanklik van private donateurs en kan net die werk doen, danksy die ondersteuning van die publiek en die gemeenskap. Indien jy wil betrokke raak as 'n vrywilliger of donateur, skakel (082 990 5954).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'