Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die NSRI stasie 15 in Mosselbaai is Donderdag, 1 Desember met drie van hul reddingsvaartuie na Santosstrand waar hulle op die water ‘n fakkel afgevuur het ter herdenking aan lewensverlies ter see plaaslik en elders.
Na die fakkel vroegaand afgevuur is, het die bootsmanne en bemanning almal aan wal gekom en in ‘n kring ‘n gebed gedoen vir die wat in die see gesterf het en ook vir die veiligheid van almal wat die feestyd die waters van die see gaan geniet.
Daar is ook gebid vir die veiligheid van die bootsmanne, bemanning en vrywilligers. Na die gebed is roosblare in die see gegooi. Die NSRI doen jaarliks op 1 Desember die eerbetoon aan afgestorwenes ter see.
VIDEO - NSRI Mosselbaai betoon eer aan lewens verloor ter see.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'