MOSSELBAAI NUUS - 'n Starlite helikopter het vanmiddag om ongeveer 14:00 naby Mossdustria 'n noodlanding uitgevoer.
Na wat verneem word was 'n instrukteur en 'n student wat besig was met vliegopleiding aanboord en niemand is na bewering tydens die voorval ernstig beseer nie.
Meer omstandighede is nie tans bekend nie.
Mossel Bay Advertiser joernalis Jannie du Plessis is op die toneel.
Hierdie is 'n ontwikkelende storie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’