
Twee slagoffers van onlangse roofvoorvalle in die Diasstrand-omgewing het hierdie man as die waarskynlike aanvaller uitgeken. Hy is beskryf as baie slank, in sy middel tot laat twintigerjare en met ‘n baie donker gelaat. Hy het Engels met ‘n baie swaar aksent gepraat. Enige persoon wat hom dalk herken of moontlik weet waar hy en sy meeloper hulle bevind, word versoek om die ondersoekbeampte van die Da Gamaskop-polisie, Adjudant-offisier Deon Louw (044 606 2200 of 082 501 0004) te kontak.
- Robbers strike again at Diaz Beach
- Vakansiegangers by misdaad-brandpunt beroof
- Joernalis net nog 'n misdaadslagoffer
- Kapers op Louis Fourieweg bedrywig
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS