‘n Poging tot kaping is ook vroegoggend by die Danabaai-afrit uit Louis Fourieweg aangemeld. In hierdie geval is ‘n bierbottel na bewering na ‘n voertuig geslinger om dit tot stilstand te dwing.
Niemand is in enige van vanoggend se voorvalle beseer nie.
Met beide gevalle is dieselfde werkswyse gevolg as in die kapingsvoorval op Dinsdagoggend, 6 Desember, waarin drie vroue van hul voertuig beroof is. In hierdie voorval het een van die vroue ‘n enkel geswik. Hierdie saak is intussen na die motorvoertuigdiefstaleenheid op George oorgeplaas waar Adjudant offisier Buys die ondersoekbeampte is. Enige persoon met inligting word versoek om dit deur te gee aan 082 446 5497.
Volgens inligting ontvang van die KwaNonqaba-polisie is die verdagte wat vanoggend in hegtenis geneem is, welbekend aan die polisie. Verdere ondersoeke volg.
Die gemeenskap word veral gemaan teen die jongste tendens en gevra om seker te maak dat voertuie se deure gesluit is.