MOSSELBAAI NUUS - 'n 36-Jarige vrou van A. Africanastraat in Danabaai, is die jongste geweldsmisdaadslagoffer van dié woonbuurt waar misdaad kommerwekkende afmetings aanneem.
Op Sondagoggend, 23 Junie omstreeks 06:45 het die vrou, wie se naam aan die Mossel Bay Home Ads News bekend is maar nie gepubliseer word nie, haar hondjies uit die huis gelaat toe 'n man haar by die glasdeur van haar woning konfronteer.
Na bewering was die man met 'n kapmes bewapen en het hy die glasdeur stukkend geslaan om toegang tot die huis te bekom.
Glasstukke het in die vrou se gesig gespat en haar beseer. Sy het geen verdere beserings tydens die skermutseling opgedoen nie.
'n Skermutseling het tussen die vrou en die aanvaller ontstaan, waarna hy met 'n skootrekenaar op die vlug geslaan het.
Die polisie het 'n gesigsamestelling opgestel en ondersoekbeamptes werk onverpoos om die aanvaller op te spoor.
Enige persoon met inligting oor die voorval word versoek om die KwaNonqaba-polisie (044 606 5600) te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'