HARTENBOS NUUS - Die NG-gemeente van Hartenbos vier die naweek van 1 Oktober die kerk se 60ste verjaardag met hulle immergewilde potjiefees.
Die vreugdevure gaan al van vroeg af gestook word sodat daar stiptelik om 12:00 met die opskeppery begin kan word.
Daar gaan weer proe-potjies wees, met 'n wye verskeidenheid soorte potjies soos onder andere 'n groot afvalpot, asook seekos-, hoender-, skaap- en volstruispotte om maar net 'n paar te noem.
Die koste is R15 per porsie en feesgangers word gevra om hul eie eetgerei saam te bring. Koffie, tee en koeksisters sal ook bedien word en natuurlik nagereg.
'n Feestelike atmosfeer sal op die kerkterrein heers met 'n orkes wat spesiaal die geleentheid sal bywoon om musiek te maak.
"Kom vroeg en kom kuier saam en sien hoe die manne se potte kook," nooi die potjie-hoofmeisie Heleen Coetsee.
Enige navrae kan gerig word aan Heleen by 082 45 45 724.
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Mosselbaai nuus'