Die Eden Netbal Federasie het die laaste van die ligabepalings en die halfeindstryde op Saterdag, 31 Augustus, by die Van Riebeeck Stadion op Mosselbaai afgehandel.
Die uitslae is (spanne sonder A en B het net een span in die liga gehad):
Vroue:
Blues (Riversdal) k Divas A2 (George) 26-12
Divas A1 (George) k Groot Brakrivier 39-21
NMU A (George Kampus) k Divas B (George) 22-12
Kranshoek (Kranshoek) v Winter Roses (Rheenendal) 23-25
Kranshoek (Kranshoek) v Evergreens (George) 27-32
NMU A (George Kampus) v George Royal Academy A (George) 17-21
Happy Hearts (Brandwag) v Divas A2 (George) 16-38
Mans:
Royal Crusaders (Plettenbergbaai) v Infanterie (Oudtshoorn) 25-29
Jaguars (Plettenbergbaai) v Royal Crusaders (Plettenbergbaai) 30-31
Infanterie (Oudtshoorn) k Omgee Rehab (Mosselbaai) 32-17.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’